CrimeNews

Vermeende smokkelaars kry borgtog

Die man en vrou van Gauteng wat glo op Woensdag 24 Oktober met 4120 sakkies nyaope betrap is, het in die Bela-Bela-landdroshof borgtog gekry.

Die Bela-Bela-polisie het op Dinsdagoggend 2 Oktober op die vonds afgekom tydens ’n inligtingsgedrewe polisieoperasie op die R101-pad na Radium.

Sers. Hester van Zyl, Bela-Bela polisiewoordvoerder, het gesê beamptes het ’n minibustaxi naby die Bela Mall van die pad getrek en die dwelms ontdek. Die dwelms was in melkpoeierhouers versteek.

Die verdagtes het gesamentlik vyf selfone in hul besit gehad, het Van Zyl gesê. Die straatwaarde van die dwelms word op R206 000 beraam.

Solomon Sello Khoza (28) en Anna Baloyi Mataboge (26) is luidens die klagstaat aangekla van die verspreiding en besit van dwelms.

Die hof het borgtog van R5 000 aan elkeen toegestaan. Die borgtogbedrag is reeds betaal.

Hulle saak is uitgestel na Woensdag 28 November vir die forensiese verslae om voltooi te word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button