Local newsNews

Nuwe baadjies vir sentrums

Die dae van min keuses wanneer ’n mens inkopies doen, is amper iets van die verlede vir inwoners van Modimolle.

Die ModiMall se tweede fase is verlede week amptelik geopen nadat bouers gewikkel het met die bouery.

Die sentrum spog nou met nie net ’n Checkers nie, maar ook ’n Shoprite. Verskeie nuwe ondernemings het ook hul deure in die sentrum geopen. Die sentrum het pas sy vyfde verjaarsdag gevier.

Diegene wat bekommerd is dat hulle nou tot aan die “anderkant” van die dorp moet ry om inkopies te doen, kan ontspan.

Die Sparrow-sentrum in Nelson Mandelaweg, wat voorheen die Shoprite gehuisves het, het ook opwindende nuus. Dié sentrum, waar die Spur, Wimpy en Auto Pedigree reeds gevestig is, sal volgens Nico Venter van die maatskappy Spire, opgeknap word en hul nuwe ankerhuurder sal binnekort aangekondig word.

“Dié nuwe huurder en die ander nuwe winkels in die sentrum hou groot verrassings vir die dorp in,” het Venter gesê.

Die sentrum sal na verwagting sy heropening in 2019 hê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button