GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Albert Groothof van die Warmbad-tuimel- en gimnastiekklub skitter vanjaar as top gimnas. Hy is gekies as een van die gim-naste vir die Suid-Afrikaanse Region 5-span en het op Saterdag 3 November teen gimnaste van Zimbabwe, Angola, Namibië, Swaziland en Mosambiek by die Matsportsentrum in Centurion meegeding. Die Region 5-span bestaan uit slegs agt dogters en agt seuns in die pre-junior- en juniorgroep, met vier vroue en vier mans in die senior groep wat Suid-Afrika verteenwoordig. Albert is as die Suid Afrikaanse-federasiespan se junior kampioen gekroon.

 

Die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong se o.11-krieket-span het op Dinsdag 23 Oktober in die finale ronde van Limpopo se kleinskolekrieketliga teen Laerskool Mariepskop gespeel en as naaswenners uitgetree. Euphorbia het vanjaar vir die eerste keer aan dié liga deelgeneem. Voor is Eben Bothma en Waldo Hoffmann. In die middel is Douw Mellet (afrigter), Erik Rautenbach, Wihann Schalekamp, Jowan Kuhler, Lian Pretorius, Jacques van Wyk en Martin van Heerden (afrigter). Agter is Nico Labuschagne, Wynand Schalekamp, AJ Loots, André Brits, Gerhardus Brits en Marco Ras.

 

Evan Scheepers (60 m en 80 m) en Megan Prinsloo (400 m) van Bela-Bela is twee atlete om dop te hou. Dié twee het puik presteer tydens die onlangse AGN-atletiekkampioenskap in Gauteng. Albei het Gauteng Noord-kleure in atletiek verwerf en is gekies om einde November aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Potchefstroom deel te neem. Hulle word afgerig deur Chantelle van Schalkwyk van Olympia Coaching in Bela-Bela.

 

Angelique Nelson, ’n gr. 7-leerder aan Laerskool Nylstroom, het op Saterdag 10 November ’n silwer medalje in spiesgooi vir meisies o.13 by die Gauteng-Noord-kampioenskap verwerf. Dit is by die Pilditch-stadion in Pretoria gehou. Sy het ’n afstand van 36,03 m behaal. Angelique het vir Hoërskool Menlopark deelgeneem waar sy aanstaande jaar haar skoolloopbaan voortsit.

 

Dié atlete van Van’s Vikings in Bela-Bela het aan die Limpopo Age Group 4-swemkampioenskap in Polokwane deelgeneem en baie goed gevaar. Die klublede berei tans voor vir die Limpopo-kampioenskap wat einde November ook in Polokwane gehou word. Voor is Karla du Plessis, Francois Marais, Lea van der Merwe en Adele Schoeman. Agter is Isa-bel Schoeman, Neil du Plessis, David Schabort, Van Reenen Cloete (afrigter), Roald Tessink en Bianca van der Walt.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button