Local newsNews
Oud-Warriehoofmeisie laat TV-boer se hart warmer klop
Inwoners van Bela-Bela moes twee keer kyk toe hulle na die jongste reeks van die gewilde televisieprogram, Boer Soek ’n Vrou op kykNET kyk.

Madelé Nelson, oudhoofmeisie van Laerskool én Hoërskool Warmbad, is een van die top drie keuses van een van die boere wat op soek is na ’n lewensmaat.
Madéle se ouers, ds. Danie en Petro Nelson, het jare lank in Bela-Bela gewoon voordat hulle na KwaZulu-Natal verhuis het.
Deelnemers mag tans in terme van hul kontrakte nie mediaonderhoude toestaan nie, maar kykers kan maar mooi kyk — hier kom dalk ’n ding!
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



