Die liefde blom behoorlik in Modimolle. Kleintjie en Poppie Fourie, onderskeidelik 83 en 77 jaar oud, het onlangs hul 60ste huweliksherdenking gevier. Die egpaar, wat op 15 November 1958 in Alberton in die huwelik bevestig is, woon in Bosveldsig en is al 16 jaar Waterberg-inwoners. Hul familie het van heinde en ver gekom om die dag saam met hulle te vier. Die Fouries het drie kinders, vier kleinkinders en een agterkleinkind.