Sport
Karatekas groet die jaar met nuwe gordels
Karatekas van die SAJKA-karateklubs van Modimolle, Bela-Bela en Mookgophong het op Vrydag 2 November in Modimolle ’n graderingseremonie bygewoon waartydens hulle na die volgende gordelvlak gegradeer het. Die klubs was geëerd om sensei Johan le Grange, hoofinstrukteur van SAJKA-karate, by die seremonie te hê.







