
Marisa Venter (29) is op Maandag 19 November deur die Bela-Bela-polisie in hegtenis geneem. Die klag hou volgens die polisie verband met ’n veevoertransaksie tussen Venter en ’n kliënt van Makhado. Volgens die polisie beweer die kliënt dat hy veevoer by Venter gekoop en vir die ver-voer daarvan betaal het, maar dit nooit ontvang het nie.
Venter het op Dinsdag 20 November vlugtig in die hof verskyn. Die saak is uitgestel na Donderdag 6 Desember sodat sy regsverteenwoordiging kan bekom.
Sy is op waarskuwing vrygelaat.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



