Absalom Tshabalala (middel) van die Warmbad-marathonklub is tydens die klub se afsluitingsaand met ’n spesiale trofee vereer. Tshabalala het die beste tyd vir mans aangeteken tydens vanjaar se Comrades-marathon. Saam met hom is Neels Venter, voorsitter, en Laetitia Cilliers, klublid.
Die onlangse SuperSpar-marathon was vir die klub ’n groot sukses. Die KFC-span is vereer met die toekenning vir die beste waterpunt tydens dié marathon.
Estelle Paul, Comrades-atleet, het ’n spesiale trofee verower, omdat sy die vroue-klublid is wat die beste tyd behaal het tydens vanjaar se Comrades.
Die span-prestasietrofee het gegaan aan die Oosthuizen-gesin wat as span vir Tjaart Oosthuizen Ouditeure aan die Comrades-marathon deelgeneem het. Op die foto is Tjaart (jnr.), Minnie en Tjaart Oosthuizen. Regs is Neels Venter, klubvoorsitter.
Die Warmbad-marathonklub het Stephen Coetser (regs), klublid, as die beste klub-ondersteuner van die jaar aangewys. Saam met hom is Neels Venter en Laetitia Cilliers.
Selfs voorsitters moet erkenning kry. Neels Venter, voorsitter van die Warmbad-marathonklub, is deur die klub vereer met ’n prestasietoekenning van uitnemendheid, omdat hy deur die jaar aan die voorpunt van die organisasie se verskillende geleenthede gestaan het. Hy het die klub gehelp uitbou en die naam van die klub hoog gehou. Saam met hom is Laetitia Cilliers, klublid.