Volgens AO George Ledwaba, woordvoerder van die Mookgophong-polisie, word ouer mense geteiken. Die meeste voorvalle gebeur na-ure wanneer veiligheidsbeamptes nie aan diens is nie.
Hy het aan Die Pos misdaadvoorkomingswenke gegee om te help met die bekamping van soortgelyke misdade:
- Dit is gevaarlik om saans geld te onttrek. Indien dit nie anders kan nie, moet die persoon vergesel word van ’n betroubare metgesel.
- Meer as een persoon moet gaan om groot bedrae geld te onttrek of te bank.
- Wees op die uitkyk vir verdagtes naby banke.
- Grypdiefstalle het toegeneem. Dra handsakke en selfone op so ’n manier dat dit nie maklik bekombaar is nie.
- Verdagte mense en voertuie by banke moet dadelik aangemeld word. Skryf die model en kleur van die voertuig neer, asook die registrasienommer.
- Sluit by plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums aan.
Mense met inligting oor verdagte optrede kan Ledwaba bel by tel. 10111 of tel. 086 0010 111 of die polisiestasie by tel. (014) 743 9000/9047/9048.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



