Elize Kruger se treffende foto “Reflection” is aangewys as een van die kategoriewenners tydens die Oktober-byeenkoms van die Bosveldfotografieklub. Die klub kom een keer ’n maand bymekaar. Vir meer inligting bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur ’n e-pos aan bfotografieklub@gmail.com(.)