Bekende digter van Mookgophong oorlede
Steenberg is in November vanjaar vir sy digkuns bekroon toe hy as die wenner van die geestelike afdeling van die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) se jaarlikse digkompetisie aangewys is.
Frik Steenberg (76), bekende digter en skrywer van Mookgophong, is op Sondag 9 Desember aan ’n hartaanval oorlede.
Steenberg is in November vanjaar vir sy digkuns bekroon toe hy as die wenner van die geestelike afdeling van die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) se jaarlikse digkompetisie aangewys is.
Steenberg het in die Kalahari grootgeword en die afgelope jare buite Mookgophong met dorperskape en varke geboer. Hy het deur die jare verskeie toekennings vir sy digkuns ontvang en in die negentigerjare vyf boeke gepubliseer waarvan een, Sandkorrels uit die Kalahari, 40 kortverhale uit dié landstreek bevat het.
“Ek het my liefde vir die taal by my ma en my Afrikaanse onderwyser gekry,” het hy in 2015 in ’n onderhoud met Die Pos gesê.
Begrafnisreëlings was teen druktyd nog nie bekend nie.



