Baie geluk aan dié leerders wat verkies is as leiers vir 2019 by die Euphorbia Chirstelike Onafhanklike skool in Mookgophong. Hulle is Ruan Swan, Victor van Dyk, James Briel (hoofseun), Martin van Heerden (voog), Isebelle de Beer (hoofmeisie), Izabella Rentroia en Chinika Pretorius.
Hoofleiers van Euphorbia CO skool James Kriel (hoofseun) en Isebelle de Beer (hoofmeisie) is verkies as hoofleiers van die Euphorbia Christelike Onafhanklike skool in Mookgophong.
Caitlin Jones, ’n oudleerder van Laerskool Warmbad, het haar BSc-graad in Earth Sciences cum laude aan die Universiteit Stellenbosch geslaag. Caitlin, wat aan Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria gematrikuleer het en wie se ouerhuis steeds in Bela-Bela is, gaan vanjaar haar honneursgraad op Stellenbosch aanpak.