Local newsNews
Modder 1 – Eskom 0
Die hoë Eskom-lyne in die Witklip-omgewing tussen Modimolle en Alma kon nie die aanslag van Sondag 13 Januarie se swaar reën en hewige winde deurstaan nie en agt pale het geknak. Dele van Vaalwater is sonder elektrisiteitstoevoer gelaat.
Die kragverskaffer het ’n span werkers na Johann Abrie se plaas gestuur waar die pale geval het.
Die span moes egter besgee toe die modder die oorhand kry en vier van hul voertuie vasgeval het.
Abrie het Sondag 87 mm reën binne ’n uur gemeet en die grond was goed nat. Boere in die omgewing het ingespring en die Eskom-span uit hul modderdilemma bevry.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



