Rassie Oberholzer (71), ’n bekende inwoner van Bela-Bela, is die afgelope week oorlede ná ’n jaarlange stryd teen lewerkanker. Oberholzer het in 1996 na die Roodekuilhoewes verhuis nadat hy jare lank ’n toetslisensiebeampte in Vereeniging was. Hy het jare lank as ouderling in die NG Kerk Warmbad-Wes gedien. Hy word oorleef deur sy vrou Elize, sy seun Awie Oberholzer van Bela-Bela en twee dogters van Vereeniging, Anita Rademan en Carina Pretorius, sy skoonkinders, vier kleinkinders en een agterkleinkind.