Soos gewoonlik was die dag gevul met goeie sport en baie pret. Herman Steyn het die foto’s geneem.
Esterna Olivier, ouer van die skool, het bygedra tot dié pretdag se sukses. Sy het sonder huiwering saam met ander ouers aan een van die ouerwedlope deelgeneem.Juffrou Anri Janse van Rensburg se aksiefoto spreek boekdele. Haar tegniek is onverbeterlik en die uiting van ’n duidelike prestasie-aansporingskreet was die deurslag om tot in die put te spring. Sy is luidkeels deur die atlete aangemoedig.
Die jong Kian Abrie (o.7) het ’n medalje verower tydens sy wedloop. Dit is egter ook duidelik dat hy die atletiek terdeë geniet het.
Leila Jansen van Vuuren wys haar slag met die gewigstoot vir meisies o.18.