
Phillip van Staden, AfriForum-voorsitter: Naboomspruit-tak, skryf:
Die AfriForum-tak in Mookgophong het 2019 met ’n slaggatprojek afgeskop in ’n poging om padveiligheid in dié dorp te verbeter.
Sedert die projek afgeskop het, is meer as 194 slaggate opgevul.
AfriForum se Naboomspruit-tak wil hoop in die gemeenskap skep met soortgelyke projekte wat ’n positiewe bydrae tot pad-veiligheid in ons dorp sal maak.
Ons beskou hierdie as ’n voorkeurprojek. Ons wil graag ons dorp in ’n veilige hawe vir inwoners omskep. Ons nooi die publiek om by hierdie projek betrokke te raak, asook om toekomstige projekte saam met die tak aan te pak.



