Local newsNews
President kondig verkiesingsdatum aan
Die nasionale en provinsiale verkiesing sal na verwagting op Woensdag 8 Mei vanjaar plaasvind.
Dié aankondiging is op Donderdag 7 Februarie deur pres. Cyril Ramaphosa tydens die staatsrede in die parlement gemaak.
Luidens ’n verklaring van die Onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) is die aankondiging nie noodwendig ’n amptelike proklamasie nie. Kiesers kan steeds by hul naaste OVK-kantore vir die verkiesing registreer of herregistreer totdat ’n amptelike proklamasie in die staatskoerant gepubliseer word.
Sodra dit gebeur, word die kiesersrol gesluit.
Ramaphosa en die premiers sal na verwagting die amptelike proklamasie aan die einde van Februarie maak, lui die OVK se verklaring.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



