LifestyleRecipes

Voorsitter vat raak in die kombuis

Susan se groot passies in die lewe is kosmaak en liefdadigheid.

Susan de Klerk van Bela-Bela, voorsitter van die plaaslike Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) en voormalige restaurantbestuurder, het geen behoefte om net ’n toeskouer van die lewe te wees nie. Sy wil ’n daadwerklike verskil maak.

Sy het aan Die Pos gesê dat haar groot passies in die lewe kosmaak en liefdadigheid is.

Sy kon hierdie twee liefdes kombineer deur saam met die SAVF-lede vir verskeie geleenthede en funksies die spyseniering te doen en in dié proses fondse bekom wat aan minderbevoorregtes in ons omgewing ’n verskil maak.

Alhoewel almal die gordel tydens die swak ekonomie moet intrek, verrig sy en haar lede ’n vrywillige taak en doen hul opheffings in die gemeenskap waar dit die meeste nodig is.

Sy deel graag ’n resep wat maklik is om te maak, baie gesond en geurig is en boonop nie jou sak gaan ruk nie.


SPINASIETERT

Tertkors:

  1. Berei ’n rou tertkors deur die volgende bestanddele bymekaar te voeg en die gerolde deeg dan in ’n gesmeerde bakskottel te plaas.
  2. Een koppie gerasperde kaas
  3. Een koppie meel
  4. ’n Skep botter (ongeveer ’n eetlepel)

Vulsel:
1. Kook 300g vars spinasie vinnig tot gaar. Dreineer goed en laat koud word.
2. Braai een gekapte ui en 250g gekapte spek saam.
3. Meng een pakkie wit of bruin uiesoppoeier en 250ml suurroom. Laat vir 15 minute staan.
4. Meng al bogenoemde saam en voeg die volgende by:
• Een 250g bakkie maaskaas
• Drie geklitste eiers
• ’n Knippie swartpeper
• Een koppie gerasperde kaas
5. Gooi in tertkors en bak vir 30 minute teen 180°C tot gaar. Dit moet mooi ligbruin bo-op wees. Geniet as ’n ligte maaltyd of as ’n bederfdis.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button