Local sportSport

Skole vat mekaar vas in rugbystryd

Hoërskool Nylstroom het op Saterdag 13 April ’n geslaagde wintersportdag aangebied.

Saam met Hoërskool Hans Strijdom van Mookgophong en Hoërskool Wonderboom van Pretoria het hulle mekaar behoorlik die stryd aangesê.

Herman Steyn, Die Pos se bekroonde fotograaf, het van die aksie op film vasgelê.

Hierdie bulspeler van die Nylies, Ephrime Maphuruma, het ’n uitstekende wedstryd met goeie dryfbewegings vir die Nylies gehad. Die punte was net nie in die Nylies se guns nie.

 

Michael van den Berg van Hoërskool Nylstroom wys vir sy Wonderboom-teenstander wie is baas. Die Nylies het naelskraap verloor in ’n klipharde wedstryd.

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button