EntertainmentLifestyle

Kinderhuis hou makietie

Die Abraham Kriel-kinderhuis, wat jare lank al deel van die gemeenskap van Modimolle is, vier dié naweek hul 60ste bestaansjaar en nooi inwoners van die dorp om saam makietie te hou.

Die Grace Race skop op Saterdag 4 Mei af waar atlete 5 km of 10 km kan hardloop. Daar sal gedurende die dag basaar gehou word en vanaf 07:30 kan besoekers smul aan pannekoek, hamburgers, wafels, poeding, pap en kaiings en nog meer. Daar is ook ’n tombola en ’n wit olifanttafel.

Die aand word ’n mandjiedans op die terrein gehou teen R50 per persoon. Goeie musiek sal gespeel word en besoekers kan hul mandjies met verversings bring.

’n Kerkdiens word op Sondag 5 Mei in die saal gehou en afgesluit met ’n heerlike laat-ontbyt. Vir meer inligting, skakel tel. 065 891 6616.

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button