Local sportSport

Nylies en Warries pak mekaar dié naweek

Skolesport gaan dié naweek tot hoër hoogtes gevoer word met die eerste aanbieding van die Bosveldbekertoernooi — ’n wintersportdag tussen Hoërskole Warmbad en Nylstroom.

Die dag skop om 08:00 by Hoërskool Warmbad af en leerders sal meeding in hokkie, rugby en netbal.

Almal is welkom om die dag saam in Bela-Bela deur te bring, iets te ete en drinke te koop en skolesport op sy beste te beleef.

Veral oudleerders van dié twee skole word hartlik genooi.

Related Articles

Back to top button