Kiesers het reeds voor 07:00 op Woensdag 8 Mei in rye by die NG Moederge-meente, een van die stemlokale in Bela-Bela, gestaan om hul kruisies te trek. Gawie Human (81) en Louise Olschewski (81), jarelange inwoners van dié dorp, het aan Die Pos gesê hulle gaan stem omdat hulle vir beter leierskap hoop. Human sê hy het “seker al 17 keer” in sy lewe gestem.
Foto: Andries van der Heyde
Die mense van Vaalwater het vroegdag op Woensdag 8 Mei al in rye gestaan om hul kruisies te trek. Die heerlike koel herfsoggend het bygedra tot ’n aangename atmosfeer by die meeste stemlokale. Dié vier inwoners van Vaalwater wys hul gemerkte duime vir die kamera: Lammie van der Westhuizen, Mart de Wet, Christie Verster en Hennie de Wet.
Pieter Rossouw van Mookgophong was een van die mense wat vroeg opgestaan het om sy kruisie by die stempunt by Laerskool Eugène N. Marais op die dorp te gaan trek. Hy het aan Die Pos gesê hy is vol moed dat dié verkiesing nuwe en positiewe veranderings vir die land inhou.
Irene en Piet du Toit het hul kruisies by die stempunt by Susan Strijdomskool in Modimolle getrek. “Dit is ons geleentheid om ons mening te lug oor hoe die land bestuur moet word. Ons verwag beter dienslewering,” het Piet gesê.
Hou gerus Die Pos se Facebook-blad dop vir inligting oor verkiesingsuitslae in die Waterberg.