CrimeNews

Polisie lê groep ‘veediewe’ voor

Twee mans wat glo grond in die Al­ma-om­ge­wing huur, is deel van ’n groep men­se wat in Mpu­ma­langa aan­ge­keer is vir die dief­stal van meer as 300 bees­te.

Cor­ne­lius van der Walt (55) en ’n Pre­to­ria­se pro­ku­reur, Jan-Spruyt Steen­kamp (32), het saam met 10 ver­dag­tes op Don­der­dag 9 Mei in die hof in Er­me­lo ver­skyn op klag­tes van vee­dief­stal en die be­sit van ge­steel­de eien­dom nadat 334 bees­te ter waarde van R3,1 miljoen glo ge­steel is. Die sa­ke teen se­we van die mans is te­rug­ge­trek. Van der Walt en Steen­kamp ver­skyn op Vry­dag 17 Mei weer in die hof saam met Si­bu­si­so Ma­bu­se (43), Lu­cas Ma­ga­gu­la (35) en Vusi Mhlongo (34) om aan­soek te doen vir borg­tog.

Die inheg­te­nis­na­me op Maan­dag 6 Mei volg glo op weke­lange har­de werk deur die po­li­sie en vei­lig­heids­groe­pe om vee­diewe wat in die Brey­ten-om­ge­wing be­dry­wig was, vas te trek. Die deur­braak het ge­volg na­dat die vee­dief­stal­een­heid in Mid­del­burg in­lig­ting ont­vang het dat die groep be­plan om op ’n plaas naby Brey­ten toe te slaan, het brig. Leo­nard Hla­thi, po­li­sie­woord­voer­der, ge­sê. Die vermeende e­die­we is voor­ge­lê en daar is glo ge­wag tot­dat hul­le twee vrag­mo­tors vol ge­laai het en be­sig was om ’n der­de een te laai, voor­dat die po­li­sie toe­ge­slaan het.

Hul­le het reeds et­li­ke nag­te lank ge­wag om op die vee­die­we om toe te slaan.

Daar is be­slag ge­lê op drie vrag­mo­tors, ’n bak­kie wat glo deur Van der Walt en Steen­kamp ge­bruik is, so­wel as R95 000 kon­tant, het Hla­thi gesê.

Vol­gens ’n bron be­trok­ke by die on­der­soek is vrag­brie­we van die vo­ri­ge twee vrag­te bees­te in die ver­dag­tes se be­sit ge­vind. Dit het aan­ge­dui dat die bees­te glo na vei­ling­kra­le in die Bela-Bela-om­ge­wing ge­neem is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button