
Jane Levin, Panorama Park, Bela-Bela, skryf:
Ek wil graag my ondervinding van stemdag met die lesers van Die Pos deel.
Ek was reeds vroeg uit die vere en by die stembus, maar groot was my verbasing toe daar reeds ’n lang ry kiesers geduldig gestaan en wag het om hul kruisies te trek. ’n Vriendelike, maar onbekende vrou, het aan die kiesers voor my gevra of hulle my as senior burger die geleentheid sal gee om voor in die ry te staan, waarop hulle sonder huiwering ingewillig het.
Ek het my kruisie met ’n dankbare hart getrek en met die uitkomslag was ek stomverbaas toe die mense in die ry spontaan vir my hande geklap het.
Baie dankie vir dié mooi gebaar. Dit word opreg waardeer.



