Local sportSport
Gholfstokke swaai vir ’n goeie saak
Gholfspelers landwyd het weer hul stokke nadergetrek om die kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) te ondersteun tydens die bekende Sanlam-kankertoernooi.
Ook by die Naboomspruit-gholfklub het die gholfspelers op Saterdag 25 Mei hul deel gedoen. Die dag was ’n groot sukses met ’n bedrag van R13 140 wat aan Kansa oorhandig is. Daar het 14 vroue- en 23 mansspelers aan die kompetisie deelgeneem. Almal was geklee in pienk en som-mige van die spelers het selfs met pienk gholfballe gespeel.
“Kansa bedank elke gholfspeler in die Waterbergstreek vir sy of haar bydrae tot die sukses van die gholfdag wat plaasgevind het,” het Ansie van Heerden, gemeenskapsmobiliseerder van Kansa, gesê.



