Local sportSport
Kwaggas klop Amandelbult
Die Kwagga-rugbyklub van Bela-Bela is stelselmatig besig om weer veld te wen nadat hulle hul eerste paar wedstryde in die Waterberg-rugbyliga verloor het.

Die span het egter nie moed verloor nie en op Vrydag 31 Mei vir Amandelbult-rugbyklub met 27-22 in ’n wegwedstryd geklop.
Chris Goosen, die Kwaggas se afrigter, het gesê die span sien uit na hul volgende tuiswedstryd op Vrydag 7 Junie teen die gedugte Rhino-rugbyklub van Northam.
Die wedstryd begin om 18:00 op die veld van Hoërskool Warmbad en ondersteuners word vriendelik genooi om die wedstryd by te woon.



