Drie langasems van Modimolle, wat vir die Rhino-atletiekklub hardloop, het vanjaar die uitdagende Comrades-marathon onlangs aangedurf. Jim Mogashwa, Mbulelo Mlozana en Fanie Burger het die 86.83 km aangepak en Mogashwa het dit in ’n tyd van 08:33 voltooi. Dit is sy derde agtereenvolgende Comrades-marathon.