Lifestyle

Verslag bied insig oor pryse

Die Kinsey-verslag het die afge­lope bykans 30 jaar ’n betrou­bare en insig­ge­wende verslag geword wat ’n goeie aan­dui­ding gee van die onder­houds­koste van nuwe motors in Suid Afrika.

Van 2019 sal die verslag bekend staan as die AA Kinsey-ver­slag. Die jongste verslag het die afge­lope week verskyn.

Die verslag neem ’n mandjie onder­dele, saam­gestel uit nor­male diens, herstel en bak­werk­onder­dele en verkry die koste van so ’n mandjie onder­dele by hande­laars. Die pryse is nie nood­wen­dig dieselfde by alle hande­laars nie en is ook nie die pryse wat deur die be­trokke ver­vaar­diger voor­geskryf of aan­beveel word nie.

 

Motor­ryers wat onder­dele wil koop, moet liefs kwo­tasies by meer as een hande­laar in hul omge­wing verkry. Tog bied die ver­slag lekker syfers om te ver­gelyk en kan ’n rede­lik akku­rate voor­spelling gemaak word oor ’n spe­sifieke model se bekos­tig­baar­heid wanneer daardie model buite waar­borg en diens­plan versien of herstel moet word.

 

Die Nissan NP200 is tans die enigste ¾ ton bakkie wat nuut in ons mark beskik­baar is en daar­om verant­woorde­lik vir ’n gesonde deel van enkel­kajuit­ver­kope in Suid-Afrika.

Hierdie gewilde bakkie se mandjie was nie net die goed­koopste onder die bakkies nie, maar ook alge­heel die goed­koopste van alle nuwe motors wat in Suid-Afrika beskik­baar is.

Die Datsun Go het ook besonder goed gevaar, terwyl die Hilux en Fortuner 2.8 baie mede­dingend is.

Die volledige ver­slag kan by www.kinseyreport.co.za besigtig word.

* Paul Smith is ’n motor­lief­heb­ber, gesins­man en eienaar van die Spur op Bela-Bela.

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button