LettersOpinion

Regering se plan met superstede ’n resep vir rampspoed, sê party

Met die huidige toe­stand van muni­sipa­li­teite waar diens­lewe­ring heelte­mal agter­uit ge­gaan het weens die swak be­stuur en ineen­stor­ting van infra­struk­tuur, kan die VF Plus nie sien hoe die skep van super­stede sal help om hier­die pro­bleem op te los nie.

Philip van Staden, Vry­heids­front Plus-LP en parle­mentêre woord­voer­der: Infra­struk­tuur en open­bare werke, skryf:

Die regering se plan met die skep van super­stede in Suid-Afrika is ’n resep vir ramp­spoed aan­gesien die huidige stede en dorpe nie eens in stand gehou kan word nie.

Pres. Cyril Rama­phosa het tydens sy re­pliek ná die staats­rede die hoop uitge­spreek dat sulke “super­stede” teen 2030 ’n verdere 10 mil­joen mense sal kan huis­ves. In die­selfde asem het hy gesê die hui­dige situa­sie in stede is nie volhou­baar nie en dat daar reeds ’n agter­stand met die bou van skole, kli­nieke en hos­pi­tale is.

Minister Patricia de Lille het hier­oor aange­kondig dat die pri­vaat sektor be­trokke moet raak by die bou en instand­hou­ding van infra­struk­tuur vir ’n tyd­perk van 20 jaar, waar­na dit weer aan die rege­ring oorge­dra moet word.

Met die huidige toe­stand van muni­sipa­li­teite waar diens­lewe­ring heelte­mal agter­uit ge­gaan het weens die swak be­stuur en ineen­stor­ting van infra­struk­tuur, kan die VF Plus nie sien hoe die skep van super­stede sal help om hier­die pro­bleem op te los nie.

Die VF Plus is van me­ning dat so ’n stap be­staande stede in ’n groter gemors sal dompel as wat tans die geval is. Indien die pri­vaat sektor nie by die minis­ter se voor­stel byval vind nie, sal hier­die plan van super­stede die huidig ramp­spoe­dige situasie net ver­erger.

Dit is goed om ideale oor die toe­koms te hê, maar in ag genome Suid-Afrika se hui­dige po­litieke om­stan­dig­hede, wan­be­stuur en kor­rupsie, is dit duide­lik dat super­stede soos in Amerika nie haal­baar is onder ’n ANC-rege­ring nie.

Die alge­hele ont­volking van die platte­land sal spoe­dig gekeer moet word en die ideale model sal wees dat ras­gedrewe wette soos Reg­stel­lende Aksie (RA) en Swart Eko­nomiese Bemag­ti­ging (SEB) geskrap moet word, mis­daad uitge­roei moet word en Suid-Afrika aan­trek­lik gemaak moet word vir buite­landse beleg­gers.

Sodoende sal eko­nomiese groei bewerk­stel­lig word en vol­doende werk­geleent­hede sal reg­deur die land geskep word. Die platte­land se eko­nomieë, werk­skep­ping en groei kan sodoende gestimu­leer word.

Die VF Plus sal wil sien dat alle bestaande infra­struk­tuur eers opge­gradeer, reg bestuur en beheer word voordat die rege­ring begin droom oor super­stede.

Related Articles

Back to top button