Die Bosveld se pragtige natuurskoon en gematigde klimaat is uiters gewild onder skole en toergroepe uit Gauteng. Veral Bela-Bela en Mookgophong het reeds naam gemaak as baie gewilde bestemmings vir sportklinieke en –byeenkomste. Die Waterberg was die afgelope wintervakansie weer gasheer vir talle besoekers uit Gauteng. Afrikaans Hoër Seunskool en Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria het vanjaar vir die tweede agtereenvolgende jaar hul landloopkamp in Bela-Bela gehou. Hier draf die atlete die bult by die Zwartkloof-natuurreservaat uit. Foto: Herman Steyn
Die Pos, in samewerking met Protea Boekhuis, Human & Rousseau en Lapa Uitgewers, het op Vrydag 5 Julie aan Klein Pikkewyn Kleuterskool in Bela-Bela ’n stapel Afrikaanse leesboeke geskenk. Op die foto is Kara Pretorius, Grace de Souza, Liandi Lindeque, Daniel Mirr, Delaney Ferreira en Amelie Olivier baie opgewonde met hul nuwe boeke.