Local sportSport
Hoewe dreun tydens pensteekkompetisie
Die Limpopo-pensteekkampioenskap (tent pegging) is die afgelope week deur die Waterberg-pensteekklub op Piet Fourie se plaas buite Modimolle aangebied.
Pensteek is ’n kavallerie-sportsoort van antieke oorsprong waar ruiters in beweging grondteikens moet raaksteek. Die sportsoort het vroeër as gymkhana bekend gestaan en is een van tien ruiterkunste wat deur die Internasionale Ruiterkunsfederasie (International Equestrian Federation) erken word.
Herman Fourie van Modimolle het vanjaar se junior afdeling gewen. Hy deel ook die Victor Ludorum-trofee en is ingesluit in die Limpopo-span wat in Desember aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap gaan deelneem.
Fred Pistorius en Lianka Fourie, ook van Modimolle, het as span die afdeling: Halfseksie Lans gewen. Lianka is ook opgeneem in die Limpopo-span wat aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap gaan deelneem.



