Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Die Vinkel en koljander-mark is op Saterdag 6 Julie by die AcaDeo Oord, voorheen Emmerentia Geldenhuys, buite Bela-Bela aangebied. Besoekers kon hulself bederf met vars plaasprodukte, pragtige kunswerke en lekker kos. Besoekers kon selfs aan ’n potjiekoskompetisie deelneem. Die kleinspan kon op perde ry, lekkernye was volop en hulle kon met dwergbokkies speel. Die mark word elke Saterdag gehou. Op die foto is Jessica Carr, ’n leerder van Hoërskool Warmbad, by haar lekkernystalletjie tydens die markdag.

 

Frans Nkoana from Phagameng shares a birthdate with South African icon, former president Nelson Mandela. Nkoana will celebrate his 69th year on Thursday 18 July. Since he has retired as a landscaper at the department of public works in 2016, he keeps himself busy in his own garden or help others in theirs to stretch his pension money. “I firmly believe that God will send us another leader like Mandela to help us out of our troubles,” he said.

 

Warmpatat: Spel­ling is be­lang­rik — ver­al as dit die smaak van aand­ete kan bederf. ’n In­wo­ner van Mo­di­mol­le het die af­ge­lo­pe week dié “Food Spray”-bord­jie by die me­di­ka­sie vir voe­te wat nie so lek­ker ruik nie, in ’n plaas­li­ke super­mark raak­ge­loop.

 

Jeremiah Ngobeni, burgemeester van Bela-Bela, het op Dinsdag 16 Julie sy HIV-status by die Bela-Bela-kliniek laat toets in ’n poging om groter bewusmaking oor HIV aan te moedig. Statistieke dui daarop dat die Waterberg-omgewing, en veral Bela-Bela, bekend is vir sy hoë HIV-besmettingsyfers. Ngobeni het gesê jongmense moet gaan vir ’n ondersoek en indien die toets positief is, moet hulle na hul naaste kliniek gaan vir hulp en behandeling. Pasiënte se inligting bly vertroulik. Die Bela-Bela-kliniek is daagliks oop van 07:00 tot 19:00. Op die foto word Ngobeni deur Mbali Molefe, berader by die kliniek, bygestaan tydens die toets.

 

Die Vroue Landbou-unie se Soetdoringstreek het op Donderdag 4 Julie ’n belangrike inligtingsvergadering gehou oor moontlike vangplekke wat vir deelnemers kan wag in die komende streek- en VLU-Noord-kompetisies. Verteenwoordigers van al tien die takke in die Soetdoringstreek was teenwoordig. Voor is Letitia Vermaak, wat filtmasjienwerk gedemonstreer het. Agter staan Joan Schoeman (Soetdoringstreek se beoordelaarsameroeper), Elizada van Baalen (beoordelaar), Lilian Weber (Soetdoringstreekvoorsitter), Retha Prinsloo (beoordelaar) en Ina Joubert (beoordelaar).

 

Maurÿn du Toit van Bela-Bela het op Sondag 14 Julie haar 98ste verjaardag gevier. Dié stylvolle oudonderwyser woon al geruime tyd in Warmbad Rusoord. Sy het aan Die Pos gesê die spreekwoord wat lui: Dit wat Moeder Aarde tot ’n mens se lewe toevoeg, sal Vader Tyd wegneem, is baie waar, want op ’n mens se oudag is daar altyd sekere aanpassings wat gemaak moet word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button