Local sportSport

Rugbyspelers het rede om trots te wees

Hoërskool Warmbad se rugbyspelers het rede om breëbors te wees ná die Limpopo-kampioenskap wat op Saterdag 13 Julie by Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong plaasgevind het.

Die Warries se o.17-span staan trots as Limpopo-kampioene. Saam met hulle is Paul Liddle, skoolhoof, en Nick Louw, hul afrigter.

 

Die Warries se o.14-span is as wenners aangewys nadat die span teen wie hulle sou speel, uitgetree het.

Die o.15-span het hul wedstryd met 29-5 teen Hoërskool Eric Louw van Musina verloor, maar die o.17-span het met 29-22 gewen en die eerste span het vir Hoërskool Eric Louw met 48-10 ore aangesit. Die eerste uitdunne van die Virseker Beker-reeks skop reeds aanstaande naweek af.

Die Warries se eerste span het as Limpopo-kampioene uit die stryd getree. Die finale wedstryd was op Saterdag 13 Julie in Mookgophong. Die Warries het met 48-10 gewen. Op die foto saam met die trotse Warries is Paul Liddle (skoolhoof) en Jacques Jooste (afrigter).

 

Herman Steyn van Die Pos was daar om die foto’s te neem.

Related Articles

Back to top button