Hennie Ludik se foto “Drie geslagte” het ’n merietetoekenning in die senior afdeling tydens die Warmbad-fotografieklub se Junie-vergadering gewen. Die klub vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan in Bela-Bela en belangstellendes is welkom om aan te sluit.
Kathleen Stevens se foto “Party time” het ’n meriete- toekenning in die tweesterafdeling gewen tydens die Warmbad-fotografieklub se Mei-vergadering. Die klub vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepieringstraat en Huilboslaan in Bela-Bela. Belangstellendes is welkom.