CrimeNews

Verdagtes borgtog geweier

Die drie ver­dag­tes wat verdink word van die aanval op Hendrik en Linda Prins­loo, as­ook Lin­da se ma, Sei­lie van der Linde, is borgtog in die Be­la-Be­la-land­dros­hof ge­wei­er.

Jus­tice Mu­dau (24), Wil­liam Ba­pe­la (69) en Cas­well Ma­su­ku (33) word daarvan verdink dat hulle die Prinsloos en Van der Linde in hul huis by McKenzie, naby Radium, vasgebind en beroof het.

Ba­pe­la is in Mo­ko­pa­ne deur die po­li­sie en le­de van die Heritage Protection Group (HPG) aan­ge­keer.

Mu­dau en Ma­su­ku is in Ham­mans­kraal aangekeer. Die drie bly in aan­hou­ding en ver­skyn weer op Woens­dag 31 Ju­lie in die hof.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button