Die foto “Full moon” is deur Lizelle Koch geneem. Sy is aangewys as die wenner in die ope/piktoriale kategorie tydens die Bosveld-fotografieklub se Julie-byeenkoms. Die klub se foto’s is beoordeel deur Anne d’Oliviera, president van die Fotografiese Vereniging van Suid-Afrika, en Mark Geldenhuys van die Camera Club of Johannesburg.
Kathleen Stevens se spogfoto “Twilight” het ’n merietetoekenning in die tweesterafdeling gewen tydens die Warmbad-fotografieklub se Junie-vergadering. Die klub vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering -en Huilboslaan in Bela-Bela.
Kathleen Stevens het die foto “Rowing” geneem en dié het ’n merietetoekenning in die tweesterafdeling gewen tydens die Warmbad-fotografieklub se Julie-vergadering. Die klub vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan in Bela-Bela en nooi belangstellendes om by hulle aan te sluit.