Só lyk die redenaars van die Waterberg CVO-skool wat weet hoe om hul sê van ’n verhoog af te sê. Hulle het hul woord tydens die onlangse streekbyeenkoms só goed gestand gedoen dat hulle deurgedring het na die nasionale BCVO-redenaarskompetisie wat op Vrydag 16 Augustus in Mokopane plaasvind. Voor is Juanel Visagie, Kian Abrie en Jessica Hooneberg. In die middel is Ockert Olivier, Melienke Vermaak, Anzel Coetser, Madison Hugo en Mckayla Vermaak. Agter staan René Jooste, Henru Botha, Adriaan Roets, Cecil Botha, Ruben Doubell en Elni Jooste.
Vrydag-verkope is altyd ’n groot opgewondenheid by Laerskool Vaalwater. Leerders kan hul sakgeld uitgee op heerlike snoeperye soos springmielies, lekkers, worsbroodjies, vetkoek met maalvleis en ander produkte wat deur die entrepreneurs by die skool bedink word. Teneal Brits (gr. R) staan hier vol afwagtinging in die ry.