Local newsNews

Jong­boer van die jaar-fi­na­lis­te be­kend

Agt boe­re van­uit Lim­po­po, Gau­teng en Kwa­Zu­lu-Na­tal staan in Sep­tem­ber die kans om as die Trans­vaal­se Land­bou-u­nie van Suid-Af­ri­ka (TLU SA) se jong­boer van die jaar aan­ge­wys te word.

Boe­re jonger as 35 jaar van reg­oor die land het vir die kom­pe­ti­sie in­ge­skryf.

Twee van die fi­na­lis­te is met mekaar ge­troud en twee an­der is broers.

Lui­dens ’n ver­kla­ring van TLU SA is die fi­na­le agt AJ Wohl­farht (34) van Gau­teng, A­zelle (29) en Neels (30) Uys van Hei­del­berg, George (29) en Ste­phan Cloe­te (28) van Er­me­lo, Lu­kas Ek­steen (33) van Buf­fels­fon­tein in Mook­go­phong, Ste­phan Land­man (33) van Kwa­Zu­lu-Na­tal en Wy­nand Louw (28) van Nooit­ge­dacht in Lim­po­po.

Die jong boere se kundig­heid strek wyd en elkeen het ’n spesia­liteits­veld. Wohlfarht boer met pluim­vee. Die Cloete-broers boer met skape, mielies en soja­bone. Die Uys-egpaar het elk hul eie boerdery met Azelle wat met beeste en skape boer terwyl Neels ’n vol­tydse saai­boer­dery het. Land­man het ’n alge­mene boer­dery met skape, beeste, sojabone en die aan­plant van mielies.

Die kandidate vanuit Limpopo is albei bees­boere by uitstek. Louw boer met boran-beeste en maca­damia­neute en Eksteen spesia­liseer in Bons­maras.

TLU SA se be­oor­de­laars het ein­de Ju­nie reeds die fi­na­lis­te be­soek om in­sae in hul le­wens en boer­de­ry­bedrywighede te kry as deel van die be­oor­de­lings­pro­ses.

Die publiek kan vanjaar ook vir hul drie guns­te­ling­boe­re stem wat sal bydra tot die beoordelaars se finale besluit.

Ben­nie van Zyl, TLU SA-pre­si­dent, het ge­sê die doel­ge­rigt­heid, toe­koms­vi­sie en al­ge­me­ne be­stuurs­ver­nuf van die fi­na­lis­te is vir die or­ga­ni­sa­sie ’n riem on­der die hart, ver­al in die on­se­ke­re tyd­ waar­in land­bou hom­self tans be­vind.

Die top drie boe­re sal ty­dens die TLU SA-kon­gres op Woens­dag 18 Sep­tem­ber be­kend­ge­maak word.

Die pu­bliek kan di­rek op TLU SA se web­blad vir hul guns­te­ling­boer stem of deur die deel­ne­mers se naam te SMS na tel. 34855.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button