CrimeNews

‘Huis­ko­pers’ toe al die tyd ro­wers

’n Bekende af­ge­tre­de eg­paar van Be­la-Be­la (albei in hul se­wen­tigs), is op Donderdag 8 Au­gus­tus in hul huis be­roof deur men­se wat hul­self as huis­ko­pers voor­ge­doen het.

Die egpaar is erg getraumatiseerd en het gevra dat Die Pos nie hul identiteit bekend maak nie.

Hulle het inwoners gewaarsku om uiters versigtig te wees en nie in dieselfde strik as hulle te trap nie.

Sers. Frans Ma­pon­ya, Be­la-Be­la-po­li­sie­woord­voer­der, het ge­sê die eg­paar was aan­vank­lik nie tuis nie en is deur bu­re meegedeel dat die groep men­se by hul huis in A­pies­do­ring­laan ge­wag het.

“Die eg­paar het la­ter die dag op­ge­daag en die groep voornemende huiskopers in hul huis ­ge­nooi. Na­dat een man na die bad­ka­mer ge­gaan en te­rug­ge­keer het, het dié man en nog een hand­wa­pens uit­ge­haal en dit teen die man en vrou se koppe gedruk.

Die ver­dag­tes, twee mans en twee vrou­e, het die eg­paar vas­ge­bind en die huis deur­soek.

Die ro­wers het kon­tant, ju­we­le, eet­ge­rei, sel­fo­ne en skoot­re­ke­naars ge­steel, het Ma­pon­ya ge­sê. Die rooftog het helder oordag teen ongeveer 14:30 plaas­ge­vind.

“Die eg­paar is ge­luk­kig nie be­seer nie. Die ro­wers het, so­ver vas­ge­stel kon word, in ’n wit Toy­o­ta For­tu­ner sonder nom­mer­plate gevlug,” het Maponya gesê.

Herman Steyn, Die Pos se fotograaf, het aan Die Pos gesê kort voordat die roof­tog plaasgevind het, het ’n vrou (vermoedelik een van die booswigte) by Mia de Bruyn, wat in die­self­de straat woon, se huis aan­geklop waar Steyn gesit en foto’s redi­geer het. Die vrou het vir Steyn uit­ge­vra oor wan­neer die ouer egpaar tuis sou wees.

Vol­gens Steyn het die vrou saam met hom en De Bruyn se ma in die huis ge­wag ter­wyl hy be­sig was met die foto’s. Hy het geen onraad vermoed nie. Hy is later weg Mo­di­mol­le toe terwyl die vrou steeds daar gewag het.

Die le­raars van die NG Warm­bad Wes­-ge­meen­te, waar die egpaar ge­meen­te­le­de is, het aan Die Pos gesê hulle is baie dankbaar dat die egpaar nie fisieke leed aangedoen is nie en dat hulle die nodige berading ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button