GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

Hendrik le Roux, ’n gr.1-leerders van Laerskool Warmbad, se kunswerk is gekies as een van 13 kunswerke wat op die gesogte Santam-kalender vir 2020 sal pryk. Die tema was I spy something with my little eyes that starts with a C.

 

Melissa en Lianie Erasmus is twee leerders aan die Euphorbiaskool in Mookgophong wat puik presteer het tydens die Eugène N. Marais-kultuurfees. Melissa het ’n A+++ vir gedramatiseerde prosa en A++ vir formele poësie verwerf en Lianie het ’n A+++ vir samespraak en ’n A++ vir formele poësie ingepalm.

 

Leerders van Mookgophong het van 22-27 Julie aan die Bosveld-kunstefees by Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane deelgeneem. Chloe Viljoen, gr. 00-leerder van Japsnoetjies Euphorbiaskool, was die jongste deelnemer in die kompetisie en het ‘n A++ vir formele poësie ontvang.

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button