
Desireé van der Walt, Demokratiese Alliansie (DA) lid van die nasionale wetgewer, skryf:
Augustus word elke jaar aan ons vroue toegewy.
Tog is die uitdagings wat vroue in die gesig staar steeds enorm.
Die nood, veral onder ons jong skoolgaande meisies, is groot. Talle meisies verloor soms soveel as drie maande klastyd per jaar omdat hulle tydens hul menstruele siklus tuis bly weens die tekort aan sanitêre produkte.
Ek het onlangs ’n vervaardiger van sanitêre doekies gevind wat vir vyf jaar hergebruik kan word en spesifiek in skole, studente en volwasse vroue se nood kan voorsien.
Ek skryf vandag om te vra vir lesers se ondersteuning om ons meisies in die skool te hou sodat hulle hul skoolloopbane met waardigheid kan voltooi. Die behoefte hieraan is in alle gemeenskappe.
Indien u weet van meisies en vroue in nood, laat my ook weet sodat ons met behulp van donateurs kan help.
Enigeen wat bereid is om te help, kan my bel by tel. 082 452 0444 of stuur ’n e-pos aan desireevdw@da.org.za(.)



