CrimeNews

Munisipale werkers in die sop oor koperkabels

Die polisie in Mook­go­phong het op Sondag 18 Augus­tus, in same­wer­king met lede van die pu­bliek, twee mans in heg­tenis geneem weens die besit van koper­kabels wat glo aan Trans­net behoort.

Sowat 80 kg kabels is vol­gens die polisie in hul besit gevind.

Volgens AO George Ledwa­ba van die Suid-Afri­kaanse polisie in Mook­go­phong, het ’n in­woner, wie se naam weer­hou word, die mans glo op heter­daad betrap toe hulle die koper­ka­bels wou ver­koop.

AO George Ledwaba by die sowat 80 kg ver­moedelik gesteelde koper­kabels waarop daar in Mook­gophong beslag gelê is.

 

Die mans is albei werk­nemers van die Modi­molle-Mook­go­phong-mu­nisipa­liteit in Mook­gophong. Een beklee ’n senior pos in die elek­trisiteits­afde­ling. Volgens die polisie het een van die mans glo die elek­trisiteits­toevoer afgeskakel sodat die kabels ver­wyder kon word.

Die mans is albei in­woners van die dorp en het op Maandag 19 Augus­tus vlugtig in die hof in Mook­go­phong verskyn. Die een beskul­digde (42) is op borg­tog van R1 500 vryge­laat. Die ander beskul­digde het nie borgtog gekry nie omdat daar glo nog ’n ander saak han­gend teen hom is. Die aard van die saak is nie be­kend nie.

Daar is ook beslag gelê op ’n Nissan-bakkie wat aan die muni­sipa­liteit behoort waar­mee die kabels glo vervoer is.

Burge­meester Marlene Van Staden het haar sterk in ’n media­verkla­ring uitge­spreek teen die beweerde misdryf en gesê die saak word in ’n baie ernstige lig beskou. Sy het gesê die munisipa­liteit sal sy eie interne onder­soek oor die aange­leent­heid met erns en dringend­heid af­handel. Sy het ook versko­ning aange­bied vir enige onge­rief wat uit die voor­val gespruit het.

Die mans moet weer op Donder­dag 22 Augustus in die hof in Mook­go­phong verskyn.

  • Nie die polisie of die burge­meenster wou die mans se name aan Die Pos verskaf nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button