LettersOpinion

Klag by Openbare Beskermer gelê oor huurgrond

Klagtes wat deur die VF Plus by die Open­ba­re Be­sker­mer in Po­lo­kwa­ne aange­meld is, word tans on­der­soek

Ka­rel Nie­wen­huis, ad­junk- pro­vin­sia­le lei­er, Vry­heids­front Plus, skryf:

Daar is dikwels besware dat po­li­tie­ke par­tye se voort­be­staan ge­grond word op kri­tiek teen an­der par­tye, as­ook dat pro­ble­me ge­stel word son­der om op­los­sings aan die hand te doen.

Die VF Plus trap nie in hier­die slag­gat nie. Pro­bleem­op­los­sing is ’n kern­aan­ge­leent­heid; daar­om is dit moont­lik om te­rug­voer aan le­sers te gee oor pro­ble­me wat reeds on­der die loep ge­neem is.

Klagtes wat deur die VF Plus by die Open­ba­re Be­sker­mer in Po­lo­kwa­ne aange­meld is, word tans on­der­soek. Voor­beel­de hier­van is die ver­lof-uit­koop­geld wat aan se­nior be­amp­tes toe­ge­staan word. ’n Ver­de­re aan­ge­leent­heid is die we­der­reg­ti­glike ver­hu­ring van mu­ni­si­pa­le eien­dom.

In Die Pos van 26 Ok­to­ber 2018 is hier­die toedrag van sake vol­le­dig uit­een­ge­sit (“Mu­ni­si­pa­le grond glo vir ’n ap­pel en ei ver­huur”). Die huur­kon­trak­te van grond wat van die mu­ni­si­pa­li­teit ge­huur word, het ver­val. Die huur­geld word nie in­ge­vor­der nie en tans word van hier­die eien­dom be­set deur raads­le­de en oudraads­le­de wat selfs van die eiendom on­der­ver­huur.

Die VF Plus het ver­soek dat huur­kon­trak­te her­eva­lueer word, as­ook die waar­de­ring van die be­trok­ke eien­dom. Dit het tot op hede nie ge­beur nie. Die VF Plus sal nou die Open­ba­re Be­sker­mer dringend ver­soek om die be­trok­ke amp­te­na­re wat met die ver­hu­ring ge­moeid is, tot ver­ant­w­oor­ding te roep.

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button