EntertainmentLifestyle
Hoor jy die magtige dreuning?
Organiseerders van die Hankook Tyre SA Land Cruiserfees en Afrika-rekordpoging vir die meeste Land Cruisers op een terrein het hulself verlede naweek oortref.

Land Cruisers-eienaars van regoor die land is genooi om deel te hê aan dié rekordpoging wat by die Sondela-natuurreservaat buite Bela-Bela gehou is.
Die vorige rekord in 2017 van 434 Land Cruisers is verlede jaar verbeter na 491 voertuie.
Vanjaar is alle verwagtinge oortref toe 523 voertuie ingeskryf is. Op die foto val die voertuie in gelid om ’n 20 km lange konvooi te vorm.



