LettersOpinion

Ingang na dorp teleurstellend

Die stank en on­aange­name reuke wat be­soekers begroet wanneer hulle Bela-Bela nader of verlaat, laat ’n bly­wende in­druk.

Charles Weber, Bela-Bela, skryf:

Die stank en on­aange­name reuke wat be­soekers begroet wanneer hulle Bela-Bela nader of verlaat, laat ’n bly­wende in­druk.

Mense wat van die plaas­like vlieg­veld gebruik maak, word oorwel­dig deur die reuke. Die inwoners van die naby­ge­leë dorps­ontwikke­ling, en selfs besoe­kers aan die Bela-Mall, word gereeld hier­aan bloot­gestel.

Besoekers aan ons dorp sal be­slis wonder of dié dorp se riool­werke op stan­daard is en ’n huiwe­ring laat ont­staan om ’n vol­gende besoek te beplan.

Verder is rond­loper­beeste ’n groot gevaar vir motor­ryers op hierdie pad. Hoewel die pro­bleem al ver­skeie kere aan­gemeld is, het daar dadels van ge­kom.

Ons ingange is ont­sierend en dra nie ’n po­sitiewe beeld van voor­uit­gang aan toeriste uit nie. Behalwe vir rom­mel wat oral te sien is, pryk ver­slete en ver­bleikte adver­tensie­borde lewens­groot.

My mening is dat van hier­die adver­ten­sies nie aan die regu­lasies vol­doen nie.

My pleidooi is dat ons muni­sipa­liteit dringend aandag aan die ge­noemde pro­bleme langs die toe­gangs­roete na Bela-Bela sal aan­spreek en daad­werklike ver­beterings sal aanbring om sodoende ons gaste beter ontvang.

Related Articles

Back to top button