Jan Greeff, Bela-Bela, skryf:
Ek stem volmondig saam met “Holisties is die gonswoord” wat in Augustus in die Waterberg-aftreebylaag van Die Pos verskyn het.
Daar is nie een aspek van menswees wat onafhanklik van die res hanteer kan word nie.
Emosionele en geestelike gesondheid is van die belangrikste aspekte wat in die moderne samelewing ’n reuse-uitwerking op ons lewensgehalte en gesondheid uitoefen en na talle ongesteldhede kan lei.



