Local newsNews

Kunsuitstalling uit die boonste rakke

Die werk was van hoog­staande gehalte.

Die kunsklub van die Kokanje-aftree­oord buite Modi­molle hou elke tweede jaar ’n kuns­uit­stalling van inwoners se werk en vanjaar se uitstal­ling op Donderdag 12 Septem­ber was weer ’n spog­geleent­heid.

 

 

Die werk was van hoog­staande gehalte. Die gaste is deur die loop van die aand getrak­teer op heer­like eet­goed wat deur Wilma de Jonge voor­berei is. Die strelende musiek van Anri Shep­hard en Hetta Uys het die aand vervol­maak.

Die swierige blomme­rang­skik­kings met clivieas was kuns­werke uit eie reg en was die hande­werk van Joan Schoe­man.

Die gemid­delde ouder­dom van die kunste­naars was 78 met Joey Venter (86) die oudste klub­lid.

Luna du Toit is reeds 28 jaar lid van die klub en het ook die uitsonderlike em­bleem ont­werp.

Glenda van der Merwe, klub­voor­sitter, het gesê sy vertrou dat die geleent­heid meer in­woners sal aan­moedig om aan te sluit en hul talente met almal te deel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button