MunicipalNews

Kry nou amnestie vir onwettige kragverbruik

Inwoners van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit wat onwettig krag gebruik, word daaraan herinner dat hulle gebruik kan maak van die amnestietydperk wat tot Maandag 14 Oktober van krag is.

Diegene wat nie tans vir hul elektrisiteitsverbruik betaal nie, kan hul besonderhede registreer sodat hul elektrisiteitsverbruik volgens wet gemeet kan word en hulle daarvoor betaal. Volgens die munisipaliteit sal daar in dié tyd “nie vrae wees” oor waarom ’n inwoner nie vir elektrisiteit betaal het nie.

Inwoners moet slegs hul naam, selfoonnommer, adres en ID-nommer verskaf en hul meters sal dan teen geen bykomende koste herstel of vervang word.

Stywe boetes wag op diegene wat steeds elektrisiteit verbruik en nie daarvoor betaal nie.

Volgens Marlene van Staden, burgemeester, is die insamelingspersentasie op elektrisiteit heelwat hoër as op ander dienste. Daar is sowat 22 000 voorafbetaalde meters geïnstalleer. ’n Deel van Mookgophong ontvang ook hul elektrisiteit direk vanaf Eskom en nie die munisipaliteit nie.

“Die amnestietydperk is slegs een van ons planne om die munisipaliteit se inkomste te vergroot. Ons ly groot verliese op elektrisiteitverkope — deels weens netwerkprobleme, ou infrastruktuur en mense wat krag steel. Foutiewe meters en rekeninge wat nie korrek is nie, lewer ook ’n bydrae,” het Van Staden gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button