Die o.11-krieketspan van die Euphorbiaskool in Mookgophong het op Dinsdag 8 Oktober in die semifinale ronde van die kleinskolekrieketliga teen Laerskool Mariepskop gespeel. Euphorbia het oortuigend met ses paaltjies gewen en deurgedring na die finale ronde in Polokwane. Voor is Wihann Schalekamp, Marco Ras, Llewellyn van Dyk, Lian Pretorius en Waldo Hoffmann. Agter is Ulrich van Staden, Evan Jonker, Eben Bothma, Robbie Robbertse (spanbestuurder en afrigter), Henk Geyser, Martin van Heerden (onderwyser en afrigter), Renier Pieterse, AJ van Jaarsveld en Juan Tolmay.