EntertainmentLifestyle

Laat wiel na gewilde Dopperbasaar

Daar is min dinge wat kom by ’n regte platte­landse kerk­ba­saar en daar is nie baie bakkers wie se koek­sisters so lekker smaak soos dié van ’n Dopper-suster nie.

Die Gere­for­meerde Kerk Water­berg se jaar­likse basaar vind op Sater­dag 2 November vanaf 08:00 by die Dopper­saal in Kerk­straat 57 in Modi­molle plaas.

Die kerk­gebou is reg langs die Water­berg-ouete­huis. Inwoners wat ’n draai by dié koop­fees wil maak, sal nie teleur­ge­steld wees nie.

Dié basaar se vleis­ver­kope of “vleis­paleis” is baie gewild en ’n mens loop altyd ’n wins­kopie raak.

Waar kry ’n mens nog top­gehalte maal­vleis teen slegs R65 per kg? Die Doppers se be­kende boere­wors sal teen slegs R70 per kg ver­koop word.

Ses spekvet beeste, ’n paar skape, varke én wilds­vleis is die afge­lope week in die slag­kamer onder leiding van die bekwame Dopper-vleis­werk­span bewerk.

Vleis­ver­kope sal om 08:30 afskop.

Daar sal ook ’n heer­like ontbyt bedien word. Kaartjies vir dié ete kan by die kerk­kan­toor teen R50 per vol­wassene en R25 vir laer­skool­kin­ders gekoop word of bel vir Alberta van Jaars­veld by tel. 076 812 0282 om vir die ontbyt te bespreek.

Die vrugte- en groente­pakke (‘hampers’), wat jaar­liks baie gewild is en soos soet­koek verkoop, sal teen R100 beskik­baar wees.

Daar sal ook tradisio­nele geregte soos pap en kaiings, panne­koek en basaar­poe­ding verkoop word.

Tuiniers kan gaan inloer vir ’n groot verskei­den­heid plante, vet­plante en vrugte­bome, waar­onder granaat- en vye­boom­pies, dag­lelies, kannas en bos­lelies (clivias).

Soos by enige basaar moet niemand daar wegstap sonder dat hulle ’n draai by die hand­werk-, koek- en wit olifant­tafel gemaak het nie.

Vir navrae bel vir Van Jaars­veld of skakel die kerk­kantoor by tel. (014) 717 3720.

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button